Vanaand kan jy die Internasionale Ruimtestasie (IRS), ’n ruimtetuig waarin ruimtevaarders woon en werk, sien!

Wat is die IRS?

Die IRS bestaan uit verskillende modules wat aanmekaar gekoppel word. In 1998, 17 jaar gelede, is die eerste module van dié tuig, die Zarya, deur Rusland gelanseer.

Die ruimtestasie is deur 16 lande gebou, naamlik die Verenigde State van Amerika, Kanada, Japan, Rusland, Brasilië, België, Denemarke, Frankryk, Duitsland, Italië, Nederland, Noorweë, Spanje, Swede, Switserland en Brittanje.

Die tuig beweeg 90 minute rondom die aarde. En elke 45 minute word die IRS se inwoners met ’n sonsondergang bederf! Sedert 2000 het die ruimtestasie elke dag bemanningslede aan boord.

Jy kan die IRS met jou eie oë sien

Jan Alleman op planeet aarde kan ook die IRS aanskou. Besoek NASA se webwerf. En jy kan kyk wanneer dit oor jou stad beweeg, maar ongelukkig het NASA net ’n paar Suid-Afrikaanse dorpe en stede as opsies op hul lys.

Wanneer kan jy dit sien?

Kaapstad - Vanaand om 20:59 vir 2 minute.

Johannesburg - Vanaand om 19:25 vir 5 minute.

Durban: Vanaand om 19:26 vir 4 minute.

Pretoria: Vanaand om 19:25 vir 5 minute.

Bloemfontein: Dinsdag om 20:09 vir 3 minute.

Lees nou

Inspirasiekos met SARIE: Kook met kool

Baba-blieng is ‘in’

Kendall se ‘Carrie Bradshaw’-oomblik