Daar is groot opwinding in die Moederstad want ’n Monopoly-bord met spesifieke Kaapse bakens word vandag by die V&A Waterfront bekend gestel, berig tablemountain.net

Die publiek kon stem vir hul gunsteling-plekke in en om Kaapstad. En nou word daar asem opgehou om te sien watter besienswaardighede die bord gehaal het. Maar Mr. Monopoly het op Facebook vir ons so paar leidrade gegee ... Die Kasteel

Tafelberg
Charly's Bakery
Die Kompanjie-tuine
Die slawe-museum en Groote Kerk in Adderlystraat

Watter plekke sal jy graag op die bord wil sien?

Lees ook