Sedert 1941 word die wêreld bederf met kleurryke M&M's gevul met grondboontjies of geure van kruisement, klapper en self pretzels! Nou, ná 75 jaar, kan jy jou regmaak vir die geur van alle geure: karamel.

Karamel is ’n enorme tendens. Mars, die maatskappy wat die bont lekkernye besit, het dit ook besef en in Oktober aangekondig dat karamel die nuwe vulsel gaan wees, berig CNN.

Het jy geweet? M&M's is tydens die Tweede Wêreldoorlog spesifiek vir die soldate gemaak sodat hulle dit rustig kon eet sonder om bekommerd te wees dat dit in hul hand sal smelt.

rerewr4543sfd43

Dié karamelvulsel is die grootste nuwe innovasie in M&M's se 75ste bestaansjaar. Die nuwe lekkergoed sal ook aansienlik groter wees as die oorspronklike sjokoladevulsel-M&M's. Die maatskappy het $100 miljoen spandeer om ’n fabriek, wat net op dié nuwe soort M&M's gaan fokus, in Kansas, VSA, te vestig.

161017151251-mms-caramel-3-780x439

ertert56456fd546

Karamel is beslis die geur van 2017. Hier is van ons gunsteling-karamelresepte.

1. Churro-bakkies met karamel

Ek het inspirasie vir dié resep op een van my gunsteling-YouTube-kanale, Tasty, gekry.

FOTO Donna Lewis FOTO Donna Lewis

2. Karamelrolkoek, sonder moeite!

My ma kan die beste rolkoek bak. Sy vul dit met geklitste room wat met ’n blikkie karamel-kondensmelk gemeng is.

Screen-Shot-2016-05-20-at-8.03.41-AM-570x385

3. Sjokolade-en-karamelkaaskoek

Niks is lekkerder as ’n sny kaaskoek op ’n somersdag nie. Boonop het dié treffer karamel in!

FOTO Mickey Hoyle FOTO Mickey Hoyle

Lees nou

Jenny Morris nou op radio

Leer kook by supersjef Gordon Ramsay

Somer 2016 – kyk wat is dié bykomstigheid van bekendes