Die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, is ook mens, nes ek en jy. Sy hou van mooi aantrek. Om haar hare te laat doen is ’n ekstra bederf. Sy is ’n ma van twee kinders. En sy het ’n stokperdjie - wat jy ook kan doen!

Kate kleur graag in. Die Britse illustreerder Joanna Bassford is onlangs met die Orde van die Britse Ryk (OBE) vereer. Die hertog van Cambridge, prins William, het aan haar verklap dat Kate mal is oor haar grootmens-inkleurboek Secret Garden berig People.

Dis geen verrassing dat dít Kate se stokperdjie is nie, want sy het immers ’n graad in kunsgeskiedenis van die St. Andrews-universiteit in Skotland.

 Volgens Medical Daily kan inkleur goed wees vir jou:

- dit help jou ontspan

- dit dien as ’n tipe stresverligting

- dis terapeuties

- dit help om jou brein af te skakel en te fokus

- dis kreatief

Met 2016 wat ’n jaar vol korrupsie, dood, teleurstelling en slegte nuus was, moet ons almal dalk, soos Kate, ’n inkleurboek nadertrek en begin inkleur.

Lees nou

Celebs – die mooiste haar-transformasies van 2016

Nuwe tegnologie vergemaklik mense met diabetes se lewe

Disney verjaar, ons kies prinsesse!