Die koningin van selfies Kim Kardashian en haar kletsrymer-man, Kanye West, gaan in Januarie 2018 hul derde baba verwelkom. Die paartjie het reeds twee kinders, North en Saint, maar het die keer besluit om die pad van surrogaatskap gekies, berig US Weekly. Hul surrogaat is glo 4 maande swanger.

Even her cry face is pretty! I'm gonna take notes!

A post shared by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Albei Kim se vorige swangerskappe het ’n hoë risiko ingehou omdat sy in haar eerste swangerskap plasenta akkreta (’n toestand waar die plasenta aan die baarmoeder vasgroei) ontwikkel het. In een episode van Keeping Up With The Kardashians het ’n dokter Kim selfs aangeraai om nooit weer swanger te word nie.

Kyk hoe praat Kim oor ’n moontlike surrogaatskap:

"Daar is ’n klomp vrese en klomp vrae wat nie geantwoord is nie. Dis iets wat my regtig bekommer," het Kim aan haar suster Kourtney gesê.

Aanvanklik het Kim dit sterk oorweeg om weer die risiko te vat om self weer swanger te word.

Kyk hoe praat sy daaroor:

Maar Kim en Kanye het toe besluit om eerder surrogaatskap te kies. Die surrogaat is glo ervare en het ook al voorheen iemand anders se kind gedra, berig US Weekly verder. Vir enige ouerpaar is dit ’n groot stap om ’n kind te hê. Die hunkering na ’n kleinding kan ontsettend groot wees, maar soms is surrogaatskap die enigste uitweg. Dís wat ons almal moet weet.

Só werk surrogaatskap

In die meeste gevalle word in vitro-bevrugting (IVB) ingespan. ’n Eier en sperm van die voornemende ouers word in ’n proefbuis bymekaargebring en die embrio in die surrogaatma se baarmoeder geplaas.

Volgens Adele van der Walt, ’n Pretoriase prokureur, vereis die wet dat die genetiese materiaal, dus die eier of sperm, van minstens een van die voornemende ouers gebruik moet word. Die surrogaatma se ras en kultuur kan van die voornemende ouers s’n verskil. Sy is net die “huisie” wat die baba tydens swangerskap dra. Haar genetiese materiaal word nie gebruik nie en die embrio/baba is nie verwant aan haar nie.

Adele sê die surrogaatma het geen wettige aanspraak op die baba ná geboorte nie. Die verhouding tussen haar, die voornemende ouers en baba word in ’n kontrak uiteengesit en deur ’n hofbevel bekragtig.

Só lyk ’n surrogaatma

Hulle staan nie tou op die vrugbaarheidskliniek se stoep nie, sê prof. Thinus Kruger van die vrugbaarheidskliniek by die Vincent Pallotti-hospitaal in Kaapstad. Dikwels is sy iemand binne jou eie leefwêreld, ’n niggie, vriendin, iemand in die kerk. “Dis ’n besonderse mens met ’n groot hart. Sy doen dit om ’n ander vrou te help. Sommige surrogate sê selfs hulle hou daarvan om swanger te wees.”

Daar is bv. ’n Johannesburgse vrou wat al drie kinderlose pare se babas die wêreld ingebring het. Dis ook iemand wat besef sy moet die baba afgee en ná die geboorte kan wegstap. Sy het ’n goeie daad gedoen, iemand gelukkig gemaak en dis dit. Sy verwag niks meer nie.

Prof. Kruger sê in al sy jare by die vrugbaarheidskliniek was daar net een surrogaatma wat ’n bietjie huiwerig was om die kindjie te laat gaan, maar sy het dit uiteindelik tog gedoen. Die surrogaatma word vooraf sielkundig geëvalueer en as dié siftingsproses goed gedoen word, behoort dit nie te gebeur dat sy die baba wil hou nie. Sy sien ook gedurende die swangerskap gereeld ’n sielkundige.

FOTO Joey Thompson / Unsplash

Die ontmoeting

Die voornemende ouers word aan die moontlike surrogaatma en haar man voorgestel. As sy getroud is, moet haar man ook toestemming gee. Die voornemende ouers kry dan tyd om te besluit of hulle ’n pad saam met die surrogaat sal kan stap. Albei partye word begelei deur ’n sielkundige, medici en regsgeleerde, wat na die praktiese detail omsien.

Dis belangrik dat die toekomstige ouers gemaklik met die proses en surrogaatma voel, sê prof. Kruger. Die twee groepe besluit self hoeveel kontak hulle wil hê. As daar spontaan ’n vriendskap ontwikkel, is dit goed. Soms kuier hulle selfs oor en weer, en dit het al gebeur dat die nuwe ouers die surrogaatma na die kindjie se doop nooi. Maar dis nie nodig nie, sê prof. Kruger. Dis meestal ’n respekvolle verhouding waar albei groepe mekaar se grense eerbiedig. ’n Maatskaplike werker word ook betrek om daarmee te help.

Albei partye aan boord

Die twee groepe gaan dan vir sielkundige evaluering. Daar moet bv. bepaal word of die voornemende ouers geskik is. En dat die surrogaatma nie die swangerskap onnodig sal beëindig nie. As die sielkundige die groen lig gee, gaan die betrokkenes vir bloedtoetse om vir aansteeklike siektes te toets. Daarna word ’n waterdigte kontrak opgestel en deur ’n regter van die hooggeregshof bekragtig. Dit beskerm die voornemende ouers, surrogaatma en baba.

Dit was eers maklik om voornemende ouers, desperaat vir ’n baba, uit te buit, sê Adele van der Walt, ’n prokureur van Pretoria wat in die mediese reg, surrogaatskap ingesluit, spesialiseer. Maar nie meer nie.

FOTO Carlo Navarro / Unsplash

Wat sê die wet?

– Surrogaat-agentskappe kon voornemende ouers eers baie geld vra om hulle in kontak met ’n moontlike surrogaat te bring. Na´ ’n hofuitspraak in 2011 moet agentskappe nou onder eed verklaar hulle is nie vir die uitruil van inligting betaal nie. Hulle kan wel ’n klein administrasiefooi soos R500 vra. ’n Surrogaat mag nie haar dienste adverteer nie, om te keer dat die mark kunsmatig gestimuleer word.

– Belangrik is dat die voornemende ouers en surrogaat vooraf informeel bespreek wat gebeur as daar mediese redes is om die swangerskap te bee¨indig, verduidelik Adele. (As toetse bv. op ’n genetiese afwyking wys.) Sal die surrogaat haar toestemming gee? Dit kan nie kontraktueel bepaal word nie omdat dit die surrogaatma se grondwetlike reg op liggaamlike integriteit aantas. Die meeste vroue se^ dis die voornemende ouers se besluit. (As haar eie lewe nie in gevaar is nie.) Stem sy nie daartoe in nie, moet die voornemende ouers besluit of hulle bereid is om daardie risiko te neem.

– Mediese fondse betaal nie vir enige vrugbaarheidsbehandeling nie, maar wel vir die swangerskap. Dis belangrik dat die surrogaat reeds voor sy swanger raak, op ’n mediese fonds is. As sy reeds swanger is, gaan die fonds nie daarvoor betaal nie. Die kindjie word na´ geboorte op die ouers se mediese fonds geplaas.

– Die ouers se name verskyn op die geboortesertifikaat. Anders as vroee¨r is dit nie meer nodig om die baba aan te neem nie, volgens Adele.

* Inligting oor surrogaatskap het oorspronklik in SARIE se Augustus 2015-uitgawe verskyn.