Op drie het Matt Grodsky voor sy kleuterskoolklas aangekondig hy gaan eendag met sy maatjie Laura Scheel trou. Die kinders het uitgebars van die lag, maar Matt het net geglimlag. "Wag net, julle sal sien," het hy destyds gesê. Nou, 20 jaar later, is die paartjie van Phoenix, Arizona, sowaar getroud!

Matt het hul storie op die Instagram-blad The Way We Met gedeel.

"As kind was ek versot op Laura, en vandag is ek steeds," skryf hy.

Hul paaie is in hul laerskooljare uiteen toe hulle na verskillende skole is, maar op hoërskool het hulle mekaar toevallig deur ’n gemeenskaplike vriend raakgeloop. Binne twee weke was hulle ’n paartjie. Daarna is hulle na verskillende kolleges toe, maar steeds het hul langafstandverhouding geblom.

I love being your wife !! Celebrating 6 months of marriage today?? @mattgrodsky

A post shared by laura grodsky???????? (@lauragrodsky) on

Matt het Laura op 23 Mei 2015 by hul ou kleuterskool gevra om te trou.Nuus oor hul besonderse liefdesverhaal het intussen soos ’n veldbrand in die kuberruim versprei.

Hulle is in Desember in Phoenix getroud. Albei is nou 23.

Kyk net die foto's:

FOTO Matt Grodsky / Facebook

FOTO Matt Grodsky / Facebook

FOTO Matt Grodsky / Facebook

FOTO Matt Grodsky / Facebook

FOTO Matt Grodsky / Facebook