SARIE.com, SA se top-vrouetydskrif-webtuiste, bied jou ’n internskap-geleentheid by dié span. Die internskap is geldig vir 3 tot 6 maande en slegs in die Kaapstad-kantoor.

Wat behels die pos?

  • Skakel in by aanlyn-produksiespan
  • Oplaai van inhoud op verskeie platforms - SARIE.com / SARIE KOS App / SARIE Bruid
  • Help met skryf van aanlyn-inhoud vir SARIE.com
  • Lewer bydraes tot sosiale media-inhoud vir SARIE.com

Kwalifikasies: Matrieksertifikaat en ’n tersiêre kwalifikasie in media-rigtings sal in jou guns tel.

Hoe doen ek aansoek?

Stuur jou CV en kontakbesonderhede na louann.stone@sarie.com. Betalingsdetails word in die onderhoud bespreek.