Dit is 9 jaar sedert dié juweel van ons TV-skerms af verdwyn het, maar gister het Netflix die lokprent vir die nuutste Gilmore Girls-reeks bekend gestel! Is dit net ons, of word Lorelai en Rory glad nie oud nie?

Lorelai (Lauren Graham) en Rory (Alexis Bledel) is terug. Hulle sit weer om die tafel en skerp sêgoed vlieg tussen hulle rond. ’n Vinnige blik op Stars Hollow laat dit lyk asof niks verander het nie en karakters soos Luke (Scott Patterson), Snookie (Melissa McCarthy) en Lorelai se ma Emily (Kelly Bishop) maak almal hul verskyning.

Daar is wel veranderinge: Rory kla oor sy nie werk het nie en Emily se man (Lorelai se pa) is oorlede. Die akteur wat sy rol gespeel het, Edward Herrmann, is in 2014 oorlede.

Kyk die lokprent hier

Gilmore Girls, die agtste reeks, begin 25 November op Netflix.

Lees nou

VIDEO: Lady Gaga se Carpool Karaoke!

Skoene wat jy móét hê op 30!

Laudo Liebenberg se Karoo-troue