Hulle noem hulself die Tankwa Stoftrappers. En met ’n bier in die hand, so skop-skop  in die stof en al heupswaaiend het drie (boer)seuns se video viral gegaan. 

Ryan Hayes, Jaco Stofberg en Marnus Kruger het iewers op ’n grondpad in die Tankwa Karoo gestop en op Brenda Fassie se bekende "Vulindlela" gedans. Die video is al meer as 1 miljoen keer op Facebook gekyk.

Kyk net hoe swaai hul die heupe:

Hulle is nie al "dansgroep" wat ons weer laat kyk het nie. Gisteroggend het ’n groep op Leeukop in Kaapstad gedans. Hoe lekker lyk dit?!