Gister het die musiekblyspel-rolprent La La Land sewe toekennings gewen by die Golden Globes insluitend beste regisseur, beste akteur in ’n musiekblyspel/komedie, beste aktrise in ’n musiekblyspel, beste rolprent vir musiekblyspel/komedie, beste draaiboek en beste oorspronklike lied. Is dit ’n voorsmakie vir die Oscars?

Op die silwerdoek is Emma Stone en Ryan Gosling ’n gunsteling-paartjie, maar in die regte lewe behoort Ryan se hart aan die aktrise Eva Mendes. In die musiekblyspel-fliek La La Land speel Emma en Ryan verliefdes wat sing en dans deur Hollywood.

Dis veral dié soort rolprent wat ou Hollywood sy sjarme gegee het: Gene Kelly wat die water skop soos hy “Singin’ in the Rain” sing, Judy Garland wat “Get Happy” in ’n mansbaadjie en sykouse sing, en Fred Astaire se danspassies. Nou is die bekoring van die musiekblyspel terug en Hollywood gaan La La.

FOTO Instagram / @lalaland FOTO Instagram / @lalaland

Die 31-jarige Damien Chazelle is die regisseur van die rolprent en die twee sterre speel minnaars wat albei droom van sukses in die vermaaklikheidsbedryf. Dit het vanjaar by die 73ste Venesiese Filmfees in Italië geopen. Kritici het dit al wyd geprys en veral Emma se spel is uitgesonder. Op die resensie-webtuiste Rotten Tomatoes het dit reeds 94% gekry!

Lees Time se resensie tydens dié filmfees hier.

FOTO Instagram / @emmastone FOTO Instagram / @lalaland

Kyk net hoe sing én dans Emma-hulle:

Die akteurs het maande voor die tyd intensiewe dans- en choreografie-klasse by die choreograaf Mandy Moore geneem.

Lees nou

1, 2, 3… Binne sekondes ’n nuwe uitrusting

Wenke vir padveiligheid

Taylor Swift se lippe – almal soek dit!