Dié ooievaars se storie is so mooi, dit laat jou weer in ware liefde glo ...

Malena is ’n ooievaar van Kroasië wat nie meer kan vlieg ná sy dekades gelede deur ’n jagter gewond is nie. Wanneer die ander ooievaars jaarliks teen einde Augustus 12 000 km suidwaarts na ’n warmer klimaat migreer, kan sy nie saam nie.

Haar maat, Klepetan, moet vir Malena agterlaat in hul nessie bo-op die rooi dak van Stjepan Vokic se huis. Malena bly dan alleen in Kroasië agter gedurende die herfs- en wintermaande.

Maar elke jaar in Maart keer Klepetan terug na sy Malena - al vir die afgelope 15 jaar.

Die tweetjies het in hul jare saam al meer as 40 kuikens grootgemaak.

Hulle is die bekendste voëls in Kroasië en het die wêreld se aandag getrek. Selfs die New York Post het oor hulle geskryf. Die paartjie het ook hulle eie Facebook-blad en is die onderwerp van een van die amptelike video’s van Kroasië se toerismeraad.

Kyk ook na hierdie video oor hul liefdesverhaal:

Bron: The Dodo, Total Croatia News

Lees nou

Trend: Eksotiese voëls

Die natuur is waar dié fotograwe hul inspirasie kry

Hier’s die boom van die jaar!