Die Britse hoofstad se beroemde klok, die 157 jaar oue Big Ben, gaan vanaf 21 Augustus die langste tyd ooit stil wees: vier jaar.  

A post shared by Hasaan Rafique (@hasaanrafique) on

Volgens ’n verklaring deur die Britse parlement is dit nodig vir noodsaaklike restourasie- en herstelwerk aan die horlosie en gebou waarin dit gehuisves word, die 96 m-hoë Elizabeth-toring. Die klok was laas in 2007 stil toe ook aan die gebou gewerk is. Dis om werkers se ore te beskerm teen die oorverdowende geluid.

A post shared by Costas Tsakalidis (@cos_tklds) on
Die 13,7 ton-klok, wat elke uur weerklink, asook vier kleiner klokke wat elke kwartier lui, sal op 21 Augustus omstreeks 12:00 (11:00 GMT) die laaste keer gehoor word voor die herstelwerk begin.

Die Big Ben is die besienswaardigheid in Brittanje wat die meeste afgeneem word. Dit sal stil wees tot in 2021, maar hopelik steeds belangrike geleenthede soos Nuwejaarsaand inlui. Die horlosie se tande en wysers gaan verwyder, skoongemaak en herstel word. Die werk sal na raming £29 miljoen (sowat R500 miljoen) kos. Die toring sal bedek wees, buiten een horlosiegesig wat steeds die korrekte tyd sal wys.

A post shared by Risa..???? (@risa_pics) on