Herinneringe is gemaak, die rok is gedra en die matrieksertifikaat ontvang. Nou is dit nog net die aankondiging van die Top-10- finaliste in die Matriekafskeidrok van die Jaar-kompetisie.

Van sagte pastelle tot glansryke metaalkleurige ontwerpe, blinkers tot kleurryke shweshwe en pêrels – 2017 se matrieks het uitgehaal en gewys op die onderskeie rooi tapyte.

Die keuse was moeilik, maar uiteindelik het ons op dié Top-10 besluit. Hou die Mei-uitgawe van SARIE dop vir die aankondiging van ons 2017 Matriekafskeidrok van die Jaar-wenner. 

1. Audrey van der Merwe, Somerset-Wes 


2. Wilke Naude, Strand 


3. Cordney Baird, Pretoria


4. Ndlali Ledwaba, Polokwane


5. Chèrise Louw, Strand


6. Jana Wessels, Paarl


7. Téchan Golightly, Potchefstroom


8. Cherié Pretorius, Alberton


9. Anja Wessels, Bloemfontein


10. Theresa van Wyk, Stellenbosch

Let wel, die finaliste is nie in volgorde gelys nie. Die wenner verskyn in SARIE se Mei-uitgawe.