“Iemand wat die boek gelees het, het gesê hy kan nie agterkom of ek vir haar of teen haar is nie. Ek voel jammer vir Cézanne, maar ek verpes haar ook. Sy het nog nie verantwoordelikheid aanvaar nie.

Elke keer as daar vir haar iets gesê word, dan is dit: ‘Ja, maar Dirk . . .’ Sy deflekteer alle skuld van haar af. Sy is ’n dependent personality (ek weet nie of sy amptelik só gediagnoseer is nie). ’n Klasmaat van haar het my vertel as sy by hulle was, praat sy soos hulle. As sy by my is, praat sy soos ek.

Wanneer sy by Dirk was, het sy sy persoonlikheid aangeneem.

“Sy is vir seker intelligent. Jy behaal nie jou grade cum laude sonder intelligensie nie. Maar emosionele intelligensie is daar baie min van.

“Ek het verskriklike sappige stories gehoor, maar geweier om dit in die boek te sit. Ek doen nie skinder nie. Ons span regsgeleerdes het die boek met ’n fyn kam deurgegaan vir laster. Ek verwag dat Dirk ons gaan dagvaar – dis in sy natuur. Maar ons gaan hom nie enige skietgoed gee nie, en vir Cézanne nog minder.”

* Laurie Pieteres, mede-skrywer en staatsgetuie in die verhoor het intussen 'n kriminoloog geword. Sy vertel: "Terwyl ek na die foto gekyk het, het dit my getref dat hy Cézanne se voorkoms skep, net soos hy Elsie (Dirk se eerste vrou) s’n geskep het. Dirk Prinsloo het vir homself ’n lewendige weergawe van sy fantasievrou gemaak – eers gegrond op Faith Hill en nou op Barbie. Hy was besig om sy seksuele fantasieë deur hierdie vroue uit te leef en hulle was niks anders nie as seksobjekte wat hy vir sy eie genot geskep het. Hy was beslis die vreemdste man wat ek nóg teëgekom het."

* Lees die volledige en eksklusiewe uittreksel in die November-uitgawe van SARIE, vanaf Maandag 17 Oktober 2011, te koop.

* Shattered Lives, TCB Publishing, R200. Die boek verskyn binnekort ook in Afrikaans.