Vanjaar is die Mej. Suid-Afrika-wedstryd se 60ste bestaansjaar. Oor die jare het die skoonheidskompetisie gesorg vir twee Mej. Wêreld-krone - vir Anneline Kriel en Rolene Strauss - én twee Mej. Heelal-krone (Margaret Gardner en Demi-Leigh Nel-Peters).

Saterdag word SA se volgende skoonheidskoningin gekroon. Wie gaan dit wees? Hier's die twaalf pragtige finaliste.

FOTO Instagram / Miss SA
FOTO Instagram / Miss SA

En die beoordelaars? Jy ken een!

Michélle van Breda, SARIE se redakteur, is een van sewe op die paneel wat die nuwe Mej. SA gaan kies.

Saam met haar as beoordelaars is die voormalige Mej. Wêreld, Rolene Strauss

FOTO Instagram / Rolene Strauss

Anele Mdoda, radiopersoonlikheid

FOTO Facebook / Real Talk With Anele

Khaya Dhlanga, top-bemarker

FOTO Instagram / Khaya Dlanga

Khanyi Dhlomo, sakevrou

FOTO Instagram / Khanyi Dhlomo

Janez Vermeiren, Top Billing-aanbieder

FOTO Instagram / Janez Vermeiren

Siba Mtongana, TV-sjef

FOTO Instagram / Siba Mtongana

"Moet nooit die krag van vroue en die krag van een vrou onderskat nie. Moderne vroue is nooit bang om eg te wees en die werk te doen nie," het Michélle in 'n amptelike wedstrydverklaring gesê.

Van Dinsdag sal Michélle en die res van die beoordelaars die top-12 ontmoet. Sondag word die finaal regstreeks uitgesaai vanaf die Sun Arena in Time Square, Pretoria, op DStv-kanaal 101 of 161.