Die Amarula-olifantnavorsingsprojek (AONP) wat onder leiding van prof. Rob Slotow van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) is, word wêreldwyd as  'n leier op die gebied van Afrika-olifante se gedrag erken. Dié program het sy ontstaan in 2002 gehad en word deur die Amarula-trust, 'n organisasie sonder winsbejag, befonds.

Volgens Siobhan Thomson, Amarula se globale bemarkingswoordvoerder, is olifante die fokus van Amarula se navorsingprogram omdat hulle versot is op maroelavrugte wat in die somer ryp word.

foto_2_630wAlek WekFOTO: Die bekende Sudanese model Alek Wek speel in dié veldtog

Die navorsingsprogram betrek 'n verskeidenheid van navorsers en sluit veldstudies in, asook ontledings van data ontvang van GPS-toestelle wat aan olifante geheg word en hul bewegings elke 30 minute vaslê.

Die bevindings het reeds gehelp om te verstaan hoe olifante op versperrings soos heinings reageer, en wat gebeur wanneer dié versperrings verwyder word. Navorsers het ook ontdek dat olifante kieskeurig is wanneer dit kom by die bome waaraan hulle vreet en hulle weet olifantbulle en -koeie verskillend wei.

“Alles wat ons leer, kan aangewend word om die bewaring van olifante beter te bestuur,” het Thomson gesê.

Alek Wek

Amarula het ook program ontwikkel wat jy van facebook kan aflaai sodat kykers ses olifante met halsbande kan volg terwyl hulle in die Nasionale Krugerwildtuin ronddwaal. Danksy beelde en videogrepe kan kykers hulle in die natuur sien en baie interessante feite oor olifantgedrag te wete kom.

IN DIE NUUTSTE SARIE:

SEPT 2013 Karlien

In die September-uitgawe van SARIE ondersoek ons renosterstropery en die vroue wat hulle probeer beskerm.

Moenie dié spog-uitgawe misloop nie. Nou op die rakke!