As baba is dié Amerikaanse meisie met ’n seldsame chromosoom-verwante siekte gediagnoseer en dokters het gesê Eden Grace Nagle sal nooit kan kruip of loop nie.

Maar haar ouers, en sy self, het nooit opgegee nie. Ná jare se terapie en oefening kon sy op 2 kruip, op 4 loop en nou as 6-jarige hardloop.

Haar ma, Michelle, het in ’n onderhoud met Huffington Post gesê Eden is vasberade en inspireer almal wat sy ontmoet. "Ons het gedink ons moet haar storie met ander deel om hulle ook te inspireer en aan te moedig."

Eden (middel) saam met haar maatjies FOTO:  Instagram @my_belle Eden (middel) saam met haar maatjies
FOTO: Instagram @my_belle

Dié dapper meisie begin binnekort met kleuterskool en droom daarvan om ’n ruimtevaarder te wees!

Van iemand waarvoor daar gesê is dat sy nooit sal kruip nie, tot iemand wat op die maan wil loop - wát ’n inspirasie!

Kyk na haar video HIER: