Op Piketberg het 80 voorheen agtergeblewe vroue,Vroue van Môre, die Green Beat-projek begin en die dorp in 20 blokke verdeel wat elk help met herwinning, strate skoonhou, groentetuine aanlê en misdaad aanmeld. Die wynplaas Org de Rac het ook die Green Beat Kids-groep begin met sang en gumboot-danse.