Donkerland, die nuwe Afrikaanse dramareeks op kykNET, stel hul eie app bekend!

Volg die lief en die leedvan die families van Donkerland-plaas nie slegs op die kassie nie, maar nou ook op jou iPad.

Die opwindende nuwe reeks volg ses generasies uit 'n setlaarsfamilie, asook die swart werkersfamilie op die plaas Donkerland in KwaZulu-Natal - van die eerste stamvader in 1838 tot 1996. Die reeks van 13 episodes is gebaseer op die Hertzogprys-wenner Deon Opperman se gelyknamige verhoogproduksie van 1997. Dít was 'n mylpaal vir Suid-Afrikaanse letterkunde omdat geen doekies omgedraai is met die openhartige en eerlike voorstelling van die Afrikaner geskiedenis nie.

Kyk na foto's van Donkerland PLUS die lokprent van dié reeks hier

En met groot name soos Gys de Villiers, Willem Botha, Anel en James Alexander, Jacques Bessenger, Helene Lombard, Altus Theart, Rolanda Marais, en Vilje en Albert Maritz beloof dié reeks om beslis 'n kyk werd te wees.

Laai die app vir jou iPad hier af.

Só lyk die app:

Donkerland Donkerland pDonkerland DonkerlandHier is die vollengte lokprent vir Donkerland: