Volgens die Wêreld Gesondheidsorganisasie word omtrent 15 miljoen babas te vroeg gebore, waarvan 1 miljoen dit nie maak nie. Na aanleiding van dié hartseer statistieke, word die 17de November as Wêreld Prematuriteitsdag herdenk. En Keedo-kinderklere dra hierdie jaar by tot die bewusmaking babas wat prematuur gebore word.

Keedo, vervaardigers van eg Suid-Afrikaanse kinderklere, en Marie Janse van Rensburg het kragte saam gespan om die Keedo Prem Project op die been te bring. Marie het besluit om aan dié projek deel te neem omdat haar vierling in 2011 ook te vroeg gebore is. Hulle was vir 2 maande lank in die Neonatale Intensiewe-sorgeenheid en het gesê dit was 'n vreeslike moeilike tyd in haar en haar man se lewens: "Ek is regtig baie dankbaar dat my babas nou gesonde kleuters is. Nou wil ek graag mense wat in dieselfde situasie is, help."

Lees Hanri se verhaal hier: "My baba is gebore op 26 weke – en sy leef!"

Marie het ook 'n ander projek, Pay it Forward, beginDié projek verskaf babanessies (sien foto) aan Staatshospitale waar babas te vroeg gebore word.

Prem Nests 3

Keedo wil graag met die Keedo Prem Project bewusmaking by ma's skep. Om dié doel te bereik het Keedo lappoppe gemaak en verkoop hulle dit in MediClinic-hospitale landswyd, en ook in alle Keedo-winkels. Die poppe is deur 'n groep werklose kleremaaksters gemaak en het slegs Keedo-materiaal gebruik. Die inkomste wat uit die verkope gemaak word, word gebruik om ma's wat nie die sorg vir hul premature babas kan bekostig nie, finansieel te ondersteun. Buiten vir die lappoppe, samel Keedo en Marie ook babaklere, bottels, komberse, mussies en doeke in om babas wat te vroeg gebore word dan ook op só manier te help.

*Die stigter van Keedo, Nelia Annandale, sê hulle is dankbaar vir enige donasies en diegene wat graag wil bydrae, kan hul donasies by die naaste Keedo-winkel afgee.

Prem Nests 1

JY KAN OOK HELP

Neem jou skenking na jou naaste Keedo-winkel - hier is 'n lys van winkels