Wie hou nie van ’n bietjie drama en intrige nie? Suidooster, ’n nuwe kykNET & Kie-sepie, is vanaf 16 November 2015 op die kassie.

Dié opwindende storie speel in die Wes-Kaap af,’n eerste vir dié provinsie, en volgens Karen Meiring, M-Net se direkteur van Afrikaanse kanale, is daar iets in vir almal: "... die storielyne is universeel en ons sien uit daarna om dit met Afrikaanse kykers oor die hele Suid-Afrika te deel."

Travis Taute, direkteur van Gambit Films, is net so opgewonde om deel van dié nuwe projek te wees: “Dit is ’n groot voorreg om ’n splinternuwe sepie vir kykNET & Kie aan te pak ... Ons fokus daarop om seker te maak dat Suidooster ’n program op die skedule is wat nie gemis kan word nie.”

Suidooster is in lyn met M-Net se strategie om plaaslike inhoud te skep en sodoende inheemse tale te bevorder.

Moenie dié sepie misloop nie: Suidooster Maandag tot Woensdag (vanaf 16 November) om 20:00 op kykNET & Kie (DStv kanaal 145).

Lees ook