Oulike eiermussies vir Paasfees

MAAK DIT SELF:

Eiermussies (foto bo)

Gebruik vilt en gekoopte pompons. Knip vilt in vierkantige 8 cm-blokkies. Plaas 2 opmekaar en knip die boonste hoeke rond. Knip twee haas-ore en vou ’n plooitjie in die onderrand van elke oor. Plaas die ore aan die bokant van die viltlyf en ryg vas tussen die twee lae. Werk of stik die lae aanmekaar met komberssteek. Werk stertjie vas. Wit eierkelkie (R35) van @home. (Houtkelkies en ander items is huiseienaar s’n).

Suiker bederf vir die Paastafel

MAAK JOU EIE HASIES

Smelt 200 g baksjokolade. Verf ?’n silikoon-hasievorm met ’n dun ?lagie sjokolade en laat stol in ?yskas. Herhaal proses nog 4 keer. Vul holtes met kondensmelk-mengsel en smeer dun lagie sjokolade bo-oor om te seël. Plaas weer in yskas om te stol. Haal versigtig uit vorms en sit voor.

Silikoon-hasievorm:

Silikoon-hasievorm

** Kry jou April-uitgawe van SARIE vir dié aanwysings en resepte - én nog vele meer inspirerende leesstof!