Mal oor die koninklikes? En net so opgewonde oor die koninklike troue tussen prins William en sy mooie Kate soos ons?

Ons soek die koninklike 'fan' met die indrukwekkendste koninklike memorabilia-versameling in die land. Jy kan soos 'n koningin bederf word deur 'n spa-behandeling te wen!

MAAK SÓ

1. Vertel ons als van jóú koninklike memorabilia-versameling in die kommetaarboks hieronder. Verklap waar jy dit in die hande gekry het, hoeveel dit werd is, wat jy moes doen om dit in die hande te kry. Sommer enige interessante brokkie oor jou versamelstukke.

2. Jy kan ook foto's van jou versameling op SARIE se Facebook-blad laai sodat al SARIE se fans dit kan sien. Hierdie is sommer vir die lekkerte en nie 'n vereiste om deel te neem aan dié wedstryd nie.

WAT JY KAN WEN!

Die wenner én haar metgesel sal ’n koninklike bederfdag by 'n Mangwanani Day Spa ter waarde van R4 600 (African Premier Experience) wen! Die prys word geborg deur die History-kanaal.

Die prys sluit die volgende uit:

* enige reis- en verblyfkostes

Taryn Fritz PR sal die wenner kontak na afloop van die wedstryd om ’n geskikte Mangwanani Day Spa te kies, ’n datum vas te maak, en die afspraak namens die wenner te maak.

WEDSTRYDREËLS

1. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen gesprek of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

2. Die wenners sal telefonies en daarna per brief verwittig word en hul name sal in ’n latere stadium op die webtuiste www.sarie.com verskyn.

3. Die prys is nie vir kontant omruilbaar nie. SARIE bied hierdie wedstryd namens die borg aan as ’n diens vir haar lesers. Die borg voorsien en is verantwoordelik vir die prys. SARIE aanvaar geen verpligting hoegenaamd t.o.v. die ontvangs van die prys of gestanddoening van die voordele daaraan verbonde nie.

4. Werknemers en hul gesinne van Media24 (SARIE se moedermaatskappy), die borg en hul reklame-, advertensie- en digitale maatskappye mag nie aan die wedstryd deelneem nie.

5. Media24 en die borg word gevrywaar teen alle eise en/of laste wat die wenners kan hê weens skade/beserings vanweë hul deelname aan die wedstryd of benutting van die prys.

6. Deur aan die wedstryd deel te neem, stem jy in om van tyd tot tyd sekere promosie-korrespondensie van SARIE te ontvang.

SLUITINGSDATUM: 29 APRIL 2011

Die wenner sal hier op sarie.com en op SARIE se Facebook- en Twitter-bladsy aangekondig word.

Die wenner sal op 29 April 2011 aangekondig word.

Maak seker jy loop nie hierdie programme mis op die History-kanaal (DStv kanaal 254) nie

History Channel

TV-PROGRAMME OP DIE TROUDAG!

1. How to Marry a Prince, Vrydag 29 April om 17:50

Hierin word onderhoude gevoer met vroue wat met koninklikes uitgegaan het, in koninklike huishoudings gewerk het, en die vriende en vertrouelinge van prinsesse.

2. Princesses of the World, Vrydag 29 April om 18:45

Die kollig val op die bekendste prinsesse van die afgelope 50 jaar (onder andere Diana, Grace en Stephanie) – hul romanse, geluk, hartseer, tragedie en die storms in hul lewe.

SARIE GAAN ÓÓK TROUE TOE!

Maak al die opwinding mee met blogs op sarie.com, SARIE se Facebook-blad en Twitter vanaf 22 April. Maak seker jy volg ons oral!