Wie sê steeds vroue is die swakker geslag? WIE bewys die teendeel hiervan: dit is 'n organisasie wat vroue bemagtig en inspireer en die beste van alles is jý kan hieraan deelneem. Bekende vroue van Afrika wat leiers in hul eie reg is, sal op 6 Mei in die Kaap 'n simposium lei. Die doel van die simposium is om vroue te inspireer en aan te moedig om 'n meer sentrale rol in hul eie lewens te speel. Dié simposium is 'n eerste vir Afrika en betrek vroueleiers vanuit die politiek, besigheidsektor, filantropie, media, die vermaaklikheidswêreld én die modebedryf. Robin Curnow (CNN se korrespondent in Suid-Afrika), Felicia Suttle (kletsprogram-aanbeider), Jane Raphaely (mediabaas), Ferial Hafajee (redakteur van City Press), Elsie Kanza (Hoof van Afrika-streek: Wêreld Ekonomiese Forum) is net 'n paar van die vroueleiers. Die belangrikste is natuurlik Graça Machel (filantroop), die eregas en lewensmaat van Nelson Mandela. Met 'n doktorsgraad in filosofie agter haar naam is sy tans die president van die Foundation of Community Development, en 'n ware voorbeeld vir vrouens regoor die wêreld.   Verskeie vroueleiers vanuit uiteenlopende velde sal die konferensie lei
Die Afrika-konferensie bestaan uit werkswinkels en paneelgesprekke oor onderwerpe soos die rol van  tegnologie in die media, die beeld van Afrika-vroue en entrepreneurskap Dee Poku, mede- stigter en hoofuitvoerende beampte van WIE sê :

Afrika is waarlik die land van geleenthede en daar is baie indrukwekkende vroue wat dié geleenthede aangryp om hul eie maatskappye te begin en innoverende oplossing vir hul probleme vind.

Kaartjie pryse beloop vanaf R986.00 tot R510.00 en is beskikbaar op die webtuiste www.wienetwerk.co.uk

Hoe jy kan deelneem:

Elke vrou word genooi om die volgende generasie te inspireer en te bemagtig