In 2012 het die wêreld kennis gemaak met 'n kat van Morristown, Arizona, wat permanent dikmond lyk. Deesdae is einste Grumpy Cat 'n internetpersoonlikheid met 'n netto waarde van minstens R13,5 miljoen. 

FOTO Instagram / Grumpy Cat

Nou is die kuberruim weer op hol, maar dié keer oor die hartseerste kat: Luhu. Sy woon in Beijing, China, saam met haar eienaar, Maggie Liu, en met haar groot oë lyk Luhu of sy permanent in 'n teddiebeer se arms wil huil. Almal wil net troos!

Kyk net dié gevreetjie:

FOTO Bored Panda
FOTO Instagram/ Maggie Liu

Blou Maandag? Ons wed jou Grumpy Cat se dag is blouer.