Die noordoostelike deel van SA beleef tans ’n hittegolf en met die somerseisoen wat vandag amptelik begin, gaan die meeste van ons binnekort lekker warm kry. Maar die hitte beteken nie jy hoef swaar te kry nie. Oorleef die hittegolf in styl ... 

Drink genoeg water

Die warm weer tas ook jou bui aan. Drink ’n glas water en jy kan in ’n oogwink beter voel. Selfs al is jy net effens ontwater, kan dit hoofpyn, konsentrasie-probleme en gei¨rriteerdheid veroorsaak, volgens ’n klein studie in die Amerikaanse Journal of Nutrition.

Maar hoeveel is genoeg?

Jy benodig sowat 20 tot 30 ml water vir elke kilogram liggaamsgewig.

Dit kan vloeistowwe soos rooibos- en ander kafei¨envrye tee insluit, maar die helfte moet suiwer water wees.

As jy dus 55 kg weeg, is dit minstens 20 x 55 = 1 100 ml (1,1 liter) per dag. Maar verkieslik meer: sowat 1 650 ml (dus 30 x 55). Dis sowat 4 tot 6 glase per dag. As dit warmer is, nog meer. 

Lees meer HIER

Só bly jou handdoeke sag

Somer is sinoniem met swem en kuiergaste! En dít beteken ekstra handdoeke.

Hier is ’n paar wenke om jou handdoeke sag te hou ...

1) As daar sonbrand- of ander oliekolle op jou wit handdoeke is, vryf Handy Andy daardeur voordat jy dit in die wasmasjien gooi.

2) Was jou handdoeke teen ’n hoë temperatuur, 60°C. Vir baie vuil wit handdoeke kan jy tot 80 of 90°C gebruik – byna kookpunt. Moet dit nie met gekleurde handdoeke doen nie, want dit sal verbleik.

3) Bly weg van versagmiddel wanneer jy handdoeke was. Dit het ’n oliebasis en bou op. Pleks van versagmiddel kan jy ’n koppie wit asyn gebruik. Dit laat die handdoeke sag, sonder enige asynreuk.

Kry nóg 4 wenke HIER

FOTO Unsplash / Scott Webb FOTO Unsplash / Scott Webb

Somerklere vir die werk

Die jaar vlieg so vinnig, voor ons ons oë uitvee is dit 2017. Maar met somer hier, raak dit moeilik om werksuitrustings bymekaar te sit. Wat is aanvaarbaar én koel? Kan ons nie liewer almal in yskaste geklee wees nie?

Hier is ’n paar idees vir jou werksuitrustings dié sonnige somer.

#1 Swart-op-swart

#2 Wit-en-swart

#3 Baadjie en T-hemp

Kyk na nóg 12 uitrustings HIER

Somer-mengeldrankie

Sonder of met alkohol – dié drankie bly verfrissend en gee terselfdertyd jou lyf ’n hupstoot met vitamiene en antioksidante.

• ¾ k suikervrye limonade

• 3 e bloubessies en opgesnyde aarbeie

• 4 basilieblare

• 30 – 60 ml vodka (opsioneel)

Meng alles in ’n lang glas. Voeg fyngemaalde ys en sodawater na smaak by en garneer met suurlemoenskil. Die drankie is propvol vitamien C en ryk aan antioksidante wat jou vel teen sonskade help beskerm.

7 wenke vir gesonde somerhare

Dit raak somer en uitnodigings na sosiale geleenthede neem toe. Kry gesonde hare wat net so keurig en stylvol soos jou uitrusting lyk met ons somergereed-wenke vir binne én buite.

Lees nou

Somer 2016 – kyk wat is dié bykomstigheid van bekendes

Maklike gids: Kry jou somerlyf só

Rooi lippe is wéér groot dié somer