1.  Meer as 225 landegaan die televisie-opname van die toekennings uitsaai, insluitend Suid-Afrika (Regstreeks Maandagoggend om 03:00 op DStv-kanaal 103 en die heruitsending Maandagaand om 19:30 op MNet, DStv-kanaal 101).

2.  50 - dis hoeveel Oscar-beeldjies vanjaar uitgedeel gaan word.

3.  2 900 Oscar-beeldjies is sedert die heel eerste Academy Awards uitgedeel.

4.  19 Maart 1953 was die heel eerste televisie-uitsending van die spog-geleentheid.

5.  152 m - só lank is die rooitapyt by die Dolby-teater (eers bekend as die Kodak-teater)

waar die toekennings gehou word.

6.  100 - dis omtrent hoeveel voertuie nodig is om alles opgestel te kry én almal daar te kry.

7.  76 lande het buitelandse rolprente ingeskryf.

8.  40 personeellede gaan kaartjies binne die Dolby-teater nagaan.

9.  289 vollengte-rolprente het vanjaar in aanmerking gekom om die gesogte toekenning

vir Beste Film te wen.

10. 6 028 - dis hoeveel lede van die akademie stem vir dié aand se wenners.

Ons voorspel wat die benoemde aktrises op Oscar-aand gaan dra. Klik HIER!