Twee jaar gelede was Oxford se woord van die jaar "selfie", die woord wat die wêreld soos ’n veldbrand oorgeneem het. Verlede jaar was dit "vape", wat verwys na die rook van e-sigarette. En nou het hulle ’n emoji gekies as die woord van 2015, berig E! Online

emoji

Die gesiggie met trane van blydskap is bekroon as die nommereen-"woord" van 2015! In die verlede het jy "lol" getik as iets vir jou snaaks was, maar deesdae gebruik die meeste mense sommer net dié gesiggie. Dit het dus ander woorde se funksie oorgeneem en spreek boekdele.

Oxford het in ’n verklaring gesê die emoji-kultuur het die afgelope jaar ontplof. Dit is oombliklik, visueel en druk presies uit hoe jy voel.

Maar hoekom juis dié emoji?

Maklik, dis is een van die emoji's wat die meeste gebruik word.

Bronne: E! Online en Oxford

Lees ook