Dis ongelooflik - die tegnologie vir 3D-drukkers is relatief nuut, maar nou is dié drukker beskikbaar om in jou huis te gebruik! En dít druk nie papier nie, maar kos!

Dié tegnologie wat vir lank net beskikbaar was vir groot tegnologie-maatskappye, is nou binnekort beskikbaar om in jou eie huis te gebruik. Masjiene soos die Foodini kan in jou kombuis pronk as jy bereid is om  sowat R15 000 te betaal.

Al wat jy nodig het, is die drukker, die sagteware en die bestanddele. In dié video druk hulle onder meer sjokolade, pasta en hamburgers!

Wat dink jy? Sal vir jou ’n 3D-drukker aanskaf vir aandetes?

Kyk na dié video om die wonderlike voordele van dié nuwe tegnologie te sien.