Kersfees is dié Sondag. Soos net Suid-Afrikaners kan, gaan ons behoorlik feesvier, eet, kuier en wéér die proses herhaal, al bult ons mae hóé. Agtergrondmusiek is altyd ’n bederf vir enige kuier. En ons het spesiaal vir jou 5 speellyste op die kuberruim gesoek. Maak jou Kerspartytjie makliker met dié playlists of musiekspeellyste op YouTube. 

FOTO Unsplash / Mark Rabe FOTO Unsplash / Mark Rabe

1. Tradisionele Kersliedjies

3 uur 17 minute van tradisionele Kersliedjies met onder andere Elvis Presley, Dean Martin en Harry Connick Jr. sal sorg vir daai ekstra tikkie magic op jou Kerspartytjie. 

2. ’n Bietjie jazz vir die feestyd

As jy steeds ’n Kersgevoel wil skep, maar in ’n ligte luim, is dié jazz-speellys net vir jou. https://www.youtube.com/watch?v=crFQpOCDfEc&list=PL1JEl3TcoURO1IFYHmOYr-5VEr6YcDrVF

57 video's met Dean Martin, Otis Redding, Louis Armstrong, Norah Jones en talle meer.

FOTO Unsplash / Andrew Neel FOTO Unsplash / Andrew Neel

3. Kersfees met instrumente

As rustigheid is wat jy en jou ore nou nodig het en geen popklanke gaan vir jou werk nie, stel ons dié musieklys voor.

4. Popmusiek vir jou Kerspartytjie

As Kelly Clarkson, Britney Spears, Lady Gaga en Kylie Minogue meer jou styl is, is hierdie Kersfees-popklanke net vir jou.

FOTO Unsplash / Roberto Nickson FOTO Unsplash / Roberto Nickson

5. Spesiaal vir die kinders

Hierdie speellys sal die kinders lekker vermaak oor Kersfees.

Lees nou

Só vier Paul Rothmann Kersfees

Uitgevang! Prins George maak al sy presente oop

Margot Robbie stilletjies getroud