Herwinde PET-plastiekbottels word op talle maniere weer gebruik, bv. vir die stop van meeste kussings en duvets, vervaardiging van klere, as dakisolering en, belangrikste van alles, om nuwe bottels mee te vervaardig.

Koeldrank- en waterbottels van plastiek word vervaardig van ’n materiaal wat PET (polyethylene terephthalate) genoem word. Hierdie PET is ’n herwinbare materiaal wat heeltemal te gesofistikeerd is om na die vullisterrein te stuur. Wanneer dit herwin word, kom dit voor in verskeie nuwe produkte wat daagliks deur miljoene Suid-Afrikaners gebruik word. Die belangrikste is egter dat dit gebruik word om weer splinternuwe bottels te vervaardig.

Om nuwe bottels van herwinde PET te vervaardig is voordelig vir beide die ekonomie én die omgewing. Pleks daarvan om PET-vesels in te voer, skep ons geleenthede vir plaaslike entrepreneurs en, deur dit te herwin, verseker ons dat biljoene bottels nie op die vullisterrein beland waar hulle bloot sou opgaar en van geen waarde sou wees nie.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Die proses waar herwonne bottels (PETplastiekbottels) herbenut word vir nuwe bottels word genoem “Sluiting van die Ekonomiese Kringloop”, en is van uiterste belang vir ’n volhoubare toekoms. ’n Sirkulêre ekonomie beteken nie net dat ons minder ingevoerde nuwe PET, energie en kosbare hulpbronne gebruik nie, maar ook dat ons plaaslike entrepreneurs en vervaardigers bemagtig. En dit is voordelig vir Suid-Afrika se ekonomie.

Wanneer jy jou PET-bottel klaar gebruik het, is die potensiaal daarvan absoluut enorm: dit kan die ekonomiese kringloop sluit en 'n volhoubare toekoms verseker. So, in plaas daarvan om dit bloot weg te gooi, herwin dit en dra so by tot die land se ekonomiese groei, die opheffing van duisende mense en die beskerming van die omgewing. Plastiekbottels is nie weggooigoed nie.

Doen 1 ding. Herwin.