Koos, Sanette, Piet, Sannie. Geliefde Afrikaanse name wat van geslag tot geslag oorgedra word. Of dalk besluit jy op iets heeltemal anders as ’n familienaam?

Oor die wêreld heen bly die keuse van ’n babanaam ’n groot verantwoordelikheid. Dikwels wik en weeg ouers nog tot die laaste oomblik voor hulle kies.

Gelukkig is daar lyste van gewilde name wat as inspirasie kan dien. SARIE-lesers se gunsteling-dogtertjienaam is Klara, dan Lieschen en derdens Mienke. Sebastiaan, Christiaan en Benjamin is weer die drie gewildstes vir seuns. 

Nameberry, ’n webtuiste vir babaname, het pas ’n lys van 2019 se gewildste babaname bekend gemaak. Dié name is bo-aan die lys sover:

Dogtertjies

3. Amelia

2. Charlotte

1. Isla

Die naam Charlotte, wat nou met een plek afgeskuif het, is gewild vandat prins William en sy hertogin-vrou, Kate Middleton, hul dogter Charlotte gedoop het.

FOTO Instagram / Kensington Royal

Seuns

3. Aarav

2. Silas

1. Archie

Ja, prins Harry en Meghan Markle, hertog en hertogin van Sussex, se eersteling is skaars gedoop en kyk hoe gewild is sy naam!  

FOTO Instagram / Sussex Royal

Lees meer

Archie en Louis vermurwe harte met nuwe foto’s

Ivan Zimmermann: Steeds baie druk op oudste seuns

Leandie: ‘Ek voel soos ’n nuwe mens’