Die hertog en hertogin van Cambridge, William en Kate, hou volgens berigte wittebrood by 'n luukse oord op die noord-eiland van die Seychelles. Dit word die Christian Louboutin van eilandvakansies genoem en lok gereeld Hollywood-sterre en die wêreld se superrykes.

Hulle was in 2007 ook daar vir ’n intieme vakansie op die klein eilandjie Desroches. Na dié vakansie het Prins William gesê dit was die beste vakansie wat hy al gehad het. Dus het die eilande vir die paartjie lieflike herinneringe.  

* So lyk die kamers by die oord.