Het jy geweet vandag, ’n dag voor Valentynsdag, is dit Wêreldradiodag?

Dis iets waarna die meeste van ons elke dag luister: die nederige radio. Dalk skakel jy op jou gunsteling-ontbytprogram in om die tyd in die verkeer om te kry. Of hoor miskien net skrams ’n interessante nuusbrokkie in die supermark of luister na die weer terwyl jy by die haarkapper wag. 

Maar in die era voor digitale speellyste en YouTube het mense ook graag voor die radio ingeskuif in die hoop om hul gunsteling-liedjie te hoor. Ons het die horlosie teruggedraai en vir ’n paar omroepers gevra watter liedjie húlle die meeste as tieners geniet het.

Elana Afrika-Bredenkamp (Jakaranda FM)

"My sussie het vir my ’n Tracey Chapman-album gekoop toe ek universiteit toe gegaan het. Sy het gesê ek moet dit speel as ek na haar verlang." FOTO Instagram / Elana Afrika Bredenkamp

Liedjie: Tracey Chapman se "Fast Car"

Martelize Brink (RSG)

"Daar was liedjies wat ek ook altyd op my pa se platespeler gespeel het." FOTO Instagram / Martelize Brink

Liedjie: Lesley Fore se "It's My Party" en Eurythmics se "Sweet Dreams"


Tracey Lange (KFM)

"Radio was nog altyd my liefde." FOTO Instagram / Tracey Lange

Liedjie: Belinda Carlisle se "Heaven is a Place on Earth"

Renaldo Schwarp (Jakaranda FM)

"Dit was altyd lekker om my gunsteling-liedjie te luister as ek op pad skool toe is." FOTO Instagram / Renaldo Schwarp

Liedjie: Avril Lavigne se "Sk8er Boi" en "Complicated"

Sue Pyler (RSG)

"Ek is maar ’n ou siel as dit by musiek kom." FOTO Instagram / Sue Pyler

Liedjie: Charles & Eddie "Would I lie to you"