Jy kan gerus hierdie lande op jou emmerskop-lys sit! 

Marokko

Dié land aan die bopunt van Noord-Afrika spog met Europese, Arabiese en Berber-invloede. Veral Chefchaouen (Die Blou Stad), Marrakech, Meknes en Asilah moet jy sien.

Nuuskierig? Lees hier.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Spanje

Dié land op die Iberiese skiereiland lok baie Suid-Afrikaners. Hoekom? Bekostigbare pakkette! Besoek Barcelona, Rhonda, Madrid, Granada en San Sebastian.

Reg om jou tas te pak? Lees hier

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Portugal

Spanje se buurland met die roemryke verlede - en beste seekos! Mik na Lissabon, Coimbra, Porto en Sintra.

Opgewonde? Lees meer hier

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Kuba

Die land van salsa en sigare in die Karibiese See. Sit die stede Havana en Trinidad op jou lys van plekke om te besoek.

Reg vir Kubaanse ritmes? Lees hier.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Peru

Veral die Inka-stad Machu Picchu hoog in die Andesberge is 'n moet om te besoek in dié Suid-Amerikaanse land.

Lus vir 'n avontuur? Lees hier.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Rwanda

Hierdie Afrika-land met sy groen woude lok al hoe meer besoekers noudat vrede heers. 

Reg om die gorillas in die mis te ontmoet? Lees hier.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Vir nog plekke lees hier