Suid-Afrika se vroue het styl. Só sê die stilis Werner Wessels, bekend as die geheime wapen van skoonhede soos Rolene Strauss, Mej. Wêreld in 2014, en Demi-Leigh Nel-Peters, Mej. Heelal 2017. “Hulle is nie oordadig nie, hulle het ’n natuurlike skoonheid. SA vroue lyk altyd vroulik en elegant. Hulle is ook oop om te leer en nuwe idees aan te pak.”

In ’n 2018-onderhoud het Werner oopgemaak oor sy bewondering vir SA vroue: “Hul harte is ook mooi. Hulle wil ’n deel van hulself gee,” het hy gesê.

Werner Wessels het vir Rolene Strauss gehelp om Mej. Wêreld te word. FOTO Instagram / Werner Wessels
Demi-Leigh Nel-Peters, wat verlede jaar Mej. Heelal was, was ook deur Werner se bekwame hande. FOTO Instagram / Werner Wessels

Vanjaar is SARIE op soek na ons 11de Voorbladgesig. Ceres, Kraaifontein, George, Port Elizabeth, Pretoria, Centurion, Vereeniging en Standerton is net van die dorpe en stede wat in die verlede al wenners opgelewer het. Pretoria spog met die meeste Voorbladgesigte, naamlik drie.

Vir 2019 is die meeste inskrywings wat tot dusver ontvang is, óók van die Jakarandastad. In tweede plek is Kaapstad en Johannesburg is derde.

Só lyk die Voorbladgesig-inskrywings:

ONTWERP Keverne Morland

“Mooi is mooi. Finish en klaar. SA vroue is opwindend, onvoorspelbaar en divers,” sê Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur. Hy is verantwoordelik vir al SARIE se voorblaaie asook die stilering van die Voorbladgesig-finaliste. “Ons vroue is sterk, sonder om aggressief te wees. Hulle is pret en gesels lekker. Wat is mooier as dit?”

Watter provinsie loop sover voor?

En die provinsie met die meeste inskrywings? Gauteng is eerste met 39%, gevolg deur die Wes-Kaap (28%) en dan Vrystaat (8%).

ONTWERP Keverne Morland

SARIE Voorbladgesig se inskrywings sluit 27 Mei om 08:00. Skryf nou in, benoem iemand en stem vir jou gunsteling op SARIE Voorbladgesig se webtuiste

SARIE Voorbladgesig in trotse samewerking met INOAR, Kalahari en Isa Carstens Akademie