Valentynsdag word al sedert die 14de eeu gevier. Teen die 18de eeu het geliefdes vir mekaar kaartjies, blomme en soetgoed begin gee en tot vandag toe is dié geskenke bo-aan die Valentyn-bederflys.

SARIE se redakteur, Michélle van Breda, skryf in haar Februarie-redakteursbrief: “Dis goed dat daar ’n spesiale dag is wat jy toegewyd aan ’n geliefde kan afstaan; weer kan wys en sê hoe jy voel.” Om ’n geskenk te gee is wel nie beperk tot jou kêrel of huweliksmaat nie, niks keer jou om ’n vriendin of selfs jouself te bederf nie!

“Dis ’n spesiale sáámdag, ’n deeldag,” soos Michélle skryf.

Baie mense sien Valentynsdag as bloot kommersieel; blomme en sjokolade is immers nie goedkoop nie! Jy voel verdeeld: Jy wil jou liefde en omgee wys, maar is ’n duur geskenk regtig nodig?

Ons sê vier jou liefde elke dag, maar op hierdie Kupido-dag kan jy hom of haar bederf met ’n geskenk wat wys hoe jy voel, maar nie jou sak skud nie.

Bederf met dié sakpas geskenke:

Geskenke onder R100

1. Beker met harte (R30). By Woolworths

2. Essie Nail Polish in Russian Roulette (R99). Aanlyn by www.superbalist.com 

3. Lush Think Pink Bath Bomb (R70)

Geskenke onder R200

1. Poetry Statement Stone Drop Earrings (R199)

2. Glamglow Bubblesheet (R125). By Edgars

3. Spier Creative Block 5 (R170)

Geskenke onder R300

1. Sugarbird Fynbos Gin G&T Gift Box. Aanlyn by www.yuppiechef.com 

2. Mango Floral Embroidered Pouch (R249). Aanlyn by www.superbalist.com

3. M.A.C Powder Kiss Lipstick in Lasting Passion (R250)

Geskenke onder R500

1. Sorbet Collection Mini Ramekins (R392). Aanlyn by www.yuppiechef.com 

2. Carrol Boyes Dancer Rounds Serving Platter (R499)

3. 5 Ingredients: Quick & Easy Food deur Jamie Oliver (R439)

4. Calvin Klein Dark Obsession (R456 vir 125 ml EDT)

5. Paco Rabanne 1 Million Intense (R493 vir 100 ml EDT)