Die sneeustorting van Vrydag 18 April het Saray Khumalo se drome om die eerste swart vrou te word wat die magtige Everest uitklim, gekelder. Maar dit het haar nie gekeer om ’n ander bergklim-doelwit te bereik nie. 

Saray en haar Suid-Afrikaanse spanmaat, Sibusiso Vilane, was van plan om die wêreld se hoogste berg te klim, maar die sneeustorting wat minstens agt Sjerpa-gidse se lewe geëis het, het hul droom op ys gesit. Op 24 April het die Ubuntu Everest Facebook-blad berig dat dié tog amptelik gekanselleer is.

SA vrou se Everest-droom vir eers iets van verlede

Teen dié tyd was die span egter goed aangepas by die lae temperature en moeilike kondisies. En pleks van opgee en huis toe kom, het dié span besluit om die Mera-spits, ’n ander gedeelte van die Himalaja-bergreeks, uit te klim. Dié spits is 6 476 m hoog. Die hoogste piek wat Saray en Sibusiso op Everest kon bereik, Lobuche-Oos, is 6 119 m hoog.

Saray en Sibusiso bo-op Mera Peak FOTO:  Facebook Saray en Sibusiso bo-op die Mera-piek
FOTO: Facebook

Mera Peak Saray en Sibusiso bo-op Mera Peak FOTO:  Facebook Mera-piek
FOTO: Facebook

Die permit om Everest te klim is nog vir die volgende 5 jaar geldig en volgens hul  Facebook-blad gaan die span beslis weer probeer om dié mylpaal te bereik.

Ons wens hulle alles van die beste toe!

Volg hul reis op die Ubuntu Everest Facebook-blad