Dit was ’n onvergeetlike dag in die hartjie van die rooiboswêreld saam met Laager Rooibos en Canderel by die jaarlikse Cederbergfees op Clanwilliam.

Gaste het 'n heerlike ontbyt geëet met ’n glasie Backsberg-vonkelwyn, mineraalwater van Cederberg Aqua en Fair Cape se Rooibos-suiwelprodukte. Elkeen het ook 'n gratis SARIE, 'n Revlon-produk, Moir’s- en Canderelprodukte en ’n tortilla-verwarmer van Old El Paso in hulle lekker geskenkpakkies gekry.

Hier's 'n paar foto's