Arlene het reeds begin twiet oor al die voorbereidings wat gedoen word vir die koninklike troue. As jy niks wil misloop nie, begin vandag nog SARIETydskrif op Twitter volg.

Indien jy ons reeds volg en nog meer wil lees oor die koninklike troue, asook die aanloop tot die groot dag, kan jy die amptelike hutskode (hash tag), , by Twitter se soek-opsie intik en kan jy kies en keur wat jy alles wil lees oor die troue.

Hier is alles wat Arlene tot dusver oor die koninklike troue getwiet het.

Oor die rok:

  • Kate het glo drie trourokke gereed. Ingeval een se ontwerp uitlek, kies sy net een van die ander! Kan dit waar wees?
  • Kate sal vanaf die Goring-hotel vertrek op die dag van die troue.

Oor die tiara:

  • Indien koningin Elizabeth vir prins William 'n hertogdom gee, en hy dalk die hertog van Cambridge word, dra Kate dalk die Cambridge Lover's Knot-tiara.

Oor Londen:

  • Sjoe, Regent Street in Londen is getooi in die Union Jacks. Dit lyk pragtig. Volgende week is SARIE in Londen!
  • Laaste skropwerk word aan al die monumente op die trouroete gedoen.

Oor die media:

  • Oorsese nuusmense is vies vir Buckingham-paleis omdat die paleisligte halfeen die oggend afgeskakel word om krag te bespaar en die Amerikaanse TV-netwerke gaan dan 'n donker paleis op die agtergrond sien wanneer hulle oorskakel vir hul regstreekse uitsendings.
  • Na verwagting gaan meer as 3 051 twiets per minuut getwiet word tydens die troue!
  • Nie volgende Vrydag by die huis nie, geen probleem, kyk met videostroom na die troue.

Oor die musiek:

  • George Michael se liedjie vir Will en Kate is 'n cover van Stevie Wonder se "You and I". Die twee hou daarvan. Laai die liedjie gratis af by www.georgemichael.com en laat weet wat jy daarvan dink.

Oor die kerk:

  • Geen confetti nie asseblief, het 'n segsman by die Westminster-abdy gevra. Dit is nie gepas nie.
  • Hou die app-winkel dop. 'n App waarmee jy n 3-D-toer van die Westminster-abdy kan doen, word gou uitgereik (Abbey 3D).
  • Westminster-adby se klokke gaan glo vir drie ure lui.
  • Kate is onlangs in groot geheimhouding in die Anglikaanse Kerk (Church of England) aangeneem.
  • Westminster-abdy se krag het die afgelope maand twee keer afgegaan - albei kere op 'n Vrydag. Hoop die krag hou op 29/4!

Oor die weer:

  • Goeie nuus! Dit lyk na sonskynweer op William en Kate se troudag.

Oor die wittebrood:

  • Prins William hou die wittebroodbestemming geheim! Hy kry net twee weke verlof om te trou en wittebrood te hou.

Vir al die aksie soos dit gebeur, volg SARIE op Twitter en Facebook.