Hier is persmense vir Afrika! Vanoggend vroeg reeds met 'n joernalis van the Daily Express gepraat.

Die dag het gevlieg!

Was heerlik om Nick Barnes van e-TV en Sabiya Parker, sy vervaardiger te sien.  Heelwat Suid-Afrikaners stop as hulle my vlag sien, en dan gesels ons lang stukke.

Ek's al vol stof van almal se gestap op die sypaadjie en die eike-bome sif voortdurend saadjies op my neer.

Jonathan sit regs van my, hy is van Essex. Links van my is Chris en Judy van Glasgow. Ons pas mekaar se sakke op en skreeu vir mekaar as van die deelnemers aan more se optog in die nabyheid is.

Die berede magte in hul uniforms is ongelooflik om te aan skou, en die blaasorkeste is lekker om te sien en te hoor.

Pas met n SABC-radioman gepraat, en 'n Afrikaanse man van Knysna het kom hello sê.

'n Vrou van Pretoria en een van Pietermarizburg is nes my ook hier om Diana se seuns te sien.

Nou tyd vir 'n vinnige stappie paleis toe.