Tas nr. 2 het toe nie aan al my verwagtinge voldoen nie - en tas nr. 3 is laat gisteraand gekoop (gelukkig bly die winkelsentrums laat oop in Kaapstad!)

Vanoggend inderhaas nog warm klere ingepak. Paasnaweek se heerlike sonskynweer het nou weer plek gemaak vir koue reënweer in Londen.

Vriendin Bea het voggend gebel om te sê bring stewels, mussie, baadjie en warm goed.

Tas nr. 3 kreun - ek hoop vir begenadiging by wie ook al my inweeg.

Ek hoop die reën bly weg Vrydag - ek wil darem so graag vir Kate en William in die staat-landauer sien ry. Die glaskoets is ook pragtig, maar ek wil hulle so graag sien sonder 'n ruit tussen ons.

Nou gaan ek my slotte sluit... Londen roep.