Tas nr. 2 was toe die regte een, en ek moet bieg. Ek het my wonderlike klein reis-gewiggie verkeerd gelees. Ek het al die tyd teen die pondmeter vasgekyk en nie die kilometer-lesing nie!

Posisie 1, is steeds skuins voor Buckingham-paleis, posisie 2 is skuins oorkant Stable Yard-weg, dit is waar die motor met prins William en prins Harry vanaf St. James of Clarence-huis gaan kop-uitsteek.

My kaarte en notas is ook ingepak. So ook my notaboek met 'n horde adresse in. Ek beplan om Woensdag 'n dik pak poskaarte te koop en poskaarte te skryf om te help om die tyd om te kry.

Die weer in Londen is glo onverwags warm – blykbaar so warm dat die tulpe in die paleistuine bietjie vroeg geblom het en nie meer Vrydag op hul mooiste gaan wees nie. Dit gaan nou afgeknip word.

Ek hoop die warm weer hou – vir natreën is ek voorbereid, maar darem nie lus nie.