SARIE is deur Le Creuset uitgedaag om ’n teeparty te hou ten bate van KANSA – en ons het ja gesê!

Nou nooi ons jou om ’n kaartjie te koop vir ’n spesiale tee in die hart van SARIE, by ons Kaapse kantoor. Daar is plek vir net 20 gaste. Kom kuier saam met kosredakteurs Barbara Joubert en Herman Lensing en SARIE se redakteur, Michélle van Breda.

sarielecreuset

WAAR: SARIE-kantoor, 19de vloer, Absa-gebou, Adderleystraat 4, Kaapstad
WANNEER: Saterdag 1 November 2014
TYD: 10:30 vir 11:00
KOSTE: R350 – alles ingesluit, asook ’n spesiale geskenk en parkering
BESPREEK BY: Carmen.Botma@sarie.com

* Al die wins vir die dag word aan KANSA geskenk