SARIE, SA se grootste vrouetydskrif, het by die jaarlikse Pica-toekenningsaand die geskiedenisboeke herskryf toe ons vir die tweede jaar agtereenvolgens die gesogte Rossi-trofee as die Tydskrif van die Jaar losgeslaan het. En asof dit nie genoeg is nie, is ons redakteur, Michélle van Breda, ook as Redakteur van die Jaar aangewys!

SARIE KOS vir mans, wat vanjaar die eerste keer die lig gesien het, het sommer in sy geboortejaar die prys gewen as die Beste Jaarlikse Tydskrif, Bylae of Spesiale Uitgawe. Dié spesiale SARIE KOS-uitgawe wat spesifiek fokus op die manne, is die eerste in sy soort in Suid-Afrika en maar net die tweede in die wêreld.

SARIE is ook vir die eerste keer bekroon vir ontwerp en uitleg. Die beoordelaars het dié aspek as wêreldgehalte beskryf.

Ons het ook 'n paar finaliste in ander kategorieë opgelewer: sarie.com, SARIE WOON en SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, vir sy inspirerende sjokolade-lekkerte-storie.

Dit was voorwaar 'n groot aand!

VERTEL ONS: Wat inspireer jóú die meeste van SARIE?