SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, is van 9 Oktober 2014 te sien in kykNET se splinternuwe leefstylprogram, Flits.

As jy ’n belangstelling het in literatuur, fyn kunste, teater, film, popkultuur, modes, tendense en sosiale media, dan durf jy nie ’n enkele episode van Flits mis nie.

Die program, wat aangebied word deur SARIE se Fanie Cronjé en die Gautengse redakteur van Huisgenoot en You, Yvonne Beyers, sal elke Donderdagaand om 21:30 op DStv-kanaal 144 te sien wees.

Daar is ook vier ander laataand-programme op dié kanaal om na uit te sien

Waldimar___00131

Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, bied Maandagaande om 21:30 Insig aan, ’n program oor nuusgebeure en die Suid-Afrikaanse politiek.

Santie_00401

Kanselier van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, Santie Botha, en die jong entrepreneur Divan Botha bied Winslyn aan, ’n program wat handel oor die ekonomie. Dit is Dinsdagaande om 21:30 te sien.

Marieta_00951

Woensdagaande om 21:30 bied die nuus- en mediapersoonlikheid Mariëtta Kruger en TV- en mediavervaardiger Kabous Meiring Prontuit aan, ’n program wat handel oor mense, gemeenskappe, asook kulturele kwessies.

Francois_0038

En as jy lekker wil lag, is daar die komediante Francois Toerien, Melt Sieberhagen, Bouwer Bosch, Jody Abrahams en Shaleen Surtie-Richards in VrydagNag Laat (VNL) Vrydagaande om 21:30.

Kyk ook uit vir 2014!

Tien jaar gelede in 2004 het kykNET in ’n programreeks teruggekyk op die eerste dekade van Suid-Afrika se demokrasie en vorentoe gekyk na die geleenthede en slaggate wat die tweede dekade van demokrasie sou bied.

Dié jaar doen hul dit weer! J.P Landman en sy paneel van kennergaste besin oor die vrese en verwagtinge waarmee die tweede dekade van demokrasie betree is. Hulle doen dit met gesprekke oor temas soos apartheid, die ekonomie, grondhervorming, Suid-Afrikanerskap, ons land se plek in die wêreld en party-politiek.

Die uitsending van die reeks van agt 2014-episodes sal vanaf 2 November 2014 elke Sondagaand om 18:00 te sien wees.

Praat van lekker TV-kykgenot!