Terwyl die pragtige Elanze van der Merwe saam met die ander SARIE Voorbladgesig-finaliste wag om te hoor wie die wenner van die kompetisie is, het sy ’n nuwe hoofstuk in haar lewe begin. Elanze en haar verloofde, Stefan Conradie, is die naweek in Bloemfontein getroud.

FOTO Go Urban Photography

FOTO Go Urban Photography

FOTO Go Urban Photography

"Die troue het so vinnig gevlieg! Maar dit was als besonders en perfek!" het sy aan SARIE.com gesê.

Haar predikant-man se pa het hulle in die NG kerk Hemelkruin getrou.

"Dit was vir ons baie belangrik om in die kerk te trou. En Stefan se pa het die mooiste boodskap vir ons gegee. Die onthaal was ’n bysaak, hierdie oomblik was die grootste."

FOTO Go Urban Photography

FOTO Go Urban Photography

FOTO Go Urban Photography

Die onthaal was by Leopard & Lace buite Bloemfontein.

Die twee gaan op hul wittebrood ná SARIE Voorbladgesig se gala-aand.

"Ek weet steeds nie waarheen ons gaan nie. Stefan kan ’n geheim goed hou!"

FOTO Go Urban Photography

FOTO Go Urban Photography

Wil jy Elanze en die res van die Top-10 se verhale hoor? Kry SARIE se September-uitgawe, nou te koop! Klik hier vir dié uitgawe.