Ná maande se beplanning, duisende inskrywings en ses episodes, is SARIE Voorbladgesig in die finale pylvak! Vandeesweek begin die redaksiespan die wenner kies. Wie gaan 2017 se wenner en die Oktober-uitgawe se voorbladster wees?

Kyk vanaand om 17:30 op kykNET na Episode 6 om te sien wie is Michelle en die SARIE-span se gunsteling. Die wenner word volgende week Maandag aangekondig in Episode 7! Loer ook in SARIE se September-uitgawe om elke finalis se glansfoto te sien.

Hier's die top-10 se inskrywingsfoto's. Wie is jóú gunsteling?

SARIE Voorbladgesig word trots aangebied in samewerking met kykNet, Inoar Professional en Nomination Italy.