Die naweek is die Blitsbokke weer op die veld vir die derde toernooi in wêreldrugby se sewesreeks in Wellington, Nieu-Seeland. Maar dis ook ’n bittersoet toernooi vir hulle. Die blitsige Seabelo Senatla groet hierna sewesrugby en sluit hom by die Stormers aan. Hoekom? Hy wil sy Springbok-droom najaag. Die naweek sal Seabelo ook probeer om die rekord vir die meeste drieë in sewesrugby te verbeter. Die rekord word tans deur oud-Blits Fabian Juries gehou met 179 drieë. Seabelo het reeds 172 gedruk, en soos ons dié Blitsbok ken, is die kans baie goed dat hy nog ’n paar by die totaal sal voeg.

Bronne: Times Live, Netwerk24

Lees nou

Natalie Portman straal met swangerskap

FOTO’S: Hennie en Pedro trap Amerika plat

Katherine Heigl wys pienkvoet