Totsiens, George Clooney. Vaarwel, Brad Pitt. Vergeet dit, Chris Hemsworth. Die akteur Sebastian Stan is glo die kuberruim se nuwe kêrel. Ja, die Marvel-ster is glo in 2016 die meeste op die webwerf Tumblr gesoek en gedeel.

Verlede jaar het Sebastian Stan in die Marvel-fliek Captain America: Civil War gespeel. Volgens Vanity Fair het die soektogte vir Sebastian op Tumblr met 76% gestyg.

Hy is beslis ’n aantreklike knaap. Maar ongelukkig is sy hart al in 2014 gesteel. Hy gaan uit met die aktrise Margarita Levieva.

Lees nou

Bring dié kleur vir jou geluk?

Wenke vir padveiligheid

Taylor Swift se lippe – almal soek dit!